K2-kultivars lewer puik opbrengste

K2 Saad stel sojakultivars van Suid-Amerika beskikbaar. Dié kultivars hou groot voordele in en beloof hoë opbrengste.

K2-kultivars word geselekteer op grond van aanpasbaarheid, stabiliteit, siekteverdraagsaamheid en opbrengs. Vier is vanjaar kommersieel beskikbaar.

Hierdie kultivars kom van Nidera in Argentinië in Suid-Amerika. Dit is beter aangepas by Suid-Afrikaanse toestande as Noord-Amerikaanse kultivars omdat Suid-Afrika en Argentinië op dieselfde breedtegraad is.

Drie kultivars is vir die Hoëveldgebiede van Mpumalanga, die Oos-Vrystaat en KwaZulu-Natal geïdentifiseer:

NS 5009 R is ’n vinnige kultivar met goeie opbrengste in sy groeiklas. Dit presteer veral goed in die koelerHoëveldstreke, het ’n goeie staanvermoë en is geskik vir vroeë aanplantings. Dit is die grootste verkoper in Argentinië.

NS 5909 R is ’n mediumkultivar wat uitstekend presteer in koeler en in warmer gebiede. NS 5909 R is die grootste verkoper in Brasilië. Die kultivar het stabiele opbrengste en spring nie maklik oop nie.

NS 6448 R is ook ’n mediumkultivar wat uitstekend presteer in koeler en in warmer gebiede. NS 6448 R is verlede jaar bekend gestel en het opbrengste van meer as 4 ton op droëland gelewer.

Vir die warmer besproeiingsgebiede, soos Loskop en langs die Krokodilrivier, is NS 7211 R ’n onoortreflike langgroeitydkultivar. Opbrengste van meer as 5 ton word gereeld behaal.

Elke jaar ontvang K2 Saad 30 nuwe kultivars wat in Suid-Afrikaanse toestande geëvalueer word. Vier nuwe kultivars is geïdentifiseer wat verbeterings op die huidige reeks bied. Dit sal in die toekoms geregistreer en beskikbaar gestel word.

Artikel deur Willem Engelbrecht (K2 Saad), Landbouweekblad  21 April 2017.

Back to articles
Next article
 
sitemap
 
home about us products research packing subsidiaries contact us