Nuwe teelmateriaal lei tot nuwe kultivars

Gaan loer in by Klein Karoo Saad Bemarking se Nampo-uitstalling en besigtig ’n volledige groentesaadreeks, weidings, verskillende soorte gewasse, sonneblom-, soja- en mieliekultivars.

Klein Karoo Saad Bemarking is die alles-in-een-saadverskaffer wat in ál die boer se saadbehoeftes voorsien. Die maatskappy verskaf onder meer weiding- en groentesaad. Hy het medewerkers en verskaffers in verskillende lande wat hom van nuwe teelmateriaal  voorsien  wat  hy plaaslik vir opbrengs, siektebestandheid en aanpasbaarheid toets. Uit hierdie proewe identifiseer die maatskappy nuwe kultivars.

 

Sonneblomme

K2 Saad evalueer kultivars van verskeie maatskappye uit Europa, Australië en Argentinië. Die maatskappy vind dat die Argentynse kultivars goed in Suid-Afrikaanse toestande aangepas is.

Klein Karoo Saad Bemarking stel vanjaar drie nuwe kultivars bekend: MG 305 CP en MG 360 CP*, nuwe Clearfield-basters    en    Aguara   6*, wat  ’n  konvensionele  baster is. Hierdie kultivars het goeie opbrengspotensiaal  en  is goed aangepas in al die sonneblomproduksiestreke.

 

Sojabone

Klein Karoo Saad Bemarking se evaluasieprogram sluit kultivars van Argentinië en Amerika in. Die reeks bied mededinging vir die beste sojabone op die mark.

          NS 5009 R is n vinnige kultivar vir die koeler Hoëveld.

          NS 5909 R is wyd aangepas vir die Hoëveld sowel as warmer gebiede.

          NS 6448 R is nuut en het goeie opbrengspotensiaal.

          NS 7211 R is goed vir die warmer en westelike gebiede.

 

Die maatskappy registreer ook tans drie nuwe kultivars: NS 5258 R*,  NS 5509 R* en NS 6267 R*. Dié kultivars het die potensiaal om hoë opbrengste te lewer.

Een van die beste sojaboonpakkette uit Suid-Amerika is  by K2 Saad beskikbaar en die navorsing- en -ontwikkelingspan is hard aan die werk om te verseker dat dit die heel nuutste kultivars en tegnologie vir plaaslike boere en hul vennote bevat. Kultivars wat vir die Suidelike Halfrond ontwikkel is, is goed aangepas vir Suid-Afrikaanse toestande om jaar na jaar hoë en stabiele opbrengste te lewer.

 

Mielies

Die maatskappy het ’n volledige teelprogram op sy proefplaas by Bapsfontein. Op die proefplaas word nuwe basters en teellyne van verskaffers uit Amerika, Mexiko, Argentinië,  Brasilië,  Australië en Europa geëvalueer vir aanpasbaarheid, opbrengs, siekteweerstand  en stabiliteit.

Die kultivar KKS 8326 B asook sy konvensionele weergawe is onlangs bekend gestel. Dit is mediumvroeë geelbasters van Argentynse oorsprong wat puik presteer  in geelmieliestreke.

Daar is ’n volledige pakket wit en geel mielies wat in die boer se behoeftes sal voorsien KKS 8410 BR  en  KKS 8408 R is die voorste  kuilvoerkultivars in Suid-Afrika. Dit is medium-seisoen, hoë potensiaal geel mielies. KKS 8301 is ’n medium-vinnige wit kultivar wat uitstekend presteer in die oostelike gebiede, op droëland of onder besproeiing.

 

Weiding

Dis belangrik om in die droë jare voer aan jou diere te  voor sien. K2 Saad het twee uitste kende produkte.

Sugargraze is ’n soetvoersorghum met ’n hoë produksie en is ideaal vir beweiding, kuilvoer of om vir staande hooi te gebruik omdat hy sy smaaklikheid behou nadat dit doodgeryp is. Nutrifeed is ’n basterbabala ideaal vir beweiding omdat dit geen blousuur bevat nie. Dit het ook ’n goeie hergroeipotensiaal. Die maatskappy het ’n  volledige weidingspakket.

 

Kuier saam

Met K2 Saad se unieke same werkingsooreenkomste met saadmaatskappye van oor die wêreld nooi dié Suid-Afrikaanse maatskappy met trots alle boere om die volledige groentesaadreeks, weidings, eenjarige gewasse, meerjarige gewasse, winter- en somergewasse, sonneblom-, soja- en mieliekultivars by sy kampie op die Nampo-perseel te besigtig. Met die sterk bestuur-, bemarking-, navorsing-   en  produksiespan van K2 Saad is dit nie vreemd dat sy gesogte produkte elke jaar meer in aanvraag is  nie.

K2 Saad spog met ’n wye reeks besproeiings- en droëland-mieliebasters. Op die Nampo-uitstalling kan van die verskillende soorte teelmateriaal gesien word, van tropiese materiaal, die mieliegordel en Argentynse teelmateriaal.  Die maatskappy kan in al die saaiboer se behoeftes voorsien – vir ’n potensiële opbrengs van 2 t/ha tot 21 t/ha.

*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.

Artikel deur Fanie Yssel (K2 Saad), Landbouweekblad  6 Mei 2016.



Back to articles
Next article
 
sitemap
 
home about us products research packing subsidiaries contact us