Tamatievariëteite wen veld in die Wes-Kaap

Die afgelope seisoen is ekstensiewe proewe gedoen met twee van Klein Karoo Saad Bemarking se ronde, onbeperkte tamatiekultivars.

Die eerste hiervan is SV 6112 TH*, wat van Klawer tot Lutzville en op tot in Vioolsdrift geplant is. Die grootste van hierdie aanplantings was by Up To Date Boerdery in Lutzville. Die kliënt plant al vir die derde seisoen die kultivar en het besluit om die tamatie SV 6112 TH* se aanplantings vir die jaar te verdubbel en dit ‘n groter deel van sy kommersiële aanplantings te maak.

 

’n Voordelige kultivar

Die voordele wat die kultivar vir die boer inhou is wesenlik. SV 6112 TH* is ‘n onbeperkte groeier, baie aanpasbaar vir nethuise en veral geskik vir oopland-verbouing in die bogenoemde areas. Die kultivar is kenmerkend vinniger as enige van die kompetisie in die streek.

Veral in ‘n droë jaar soos vanjaar waar water min is, kon die boer twee tot drie weke vroeër al begin pluk. Die kultivar is groeikragtig en het ‘n bogemiddelde set gehad. SV 6112 TH* het verder sy vruggrootte behou, tot by sy laaste trosse. Die vrugte is baie ferm en die vrugkwaliteit is uitstekend.

Die SV 6112 TH*-kultivar is werklik iets om dop te hou, veral met so ‘n indrukwekkende siektepakket. Klein Karoo Saad Bemarking is daartoe verbind om die beste kultivars te soek om die boer te help met groter opbrengste, en om ‘n beter kwaliteit produk aan sy mark te kan lewer.

Tamatie SV 7846 TH* is ‘n beproefde staatmaker en beslis ook ‘n kultivar waaraan ons baie aandag gee. Die kultivar het in produksie gegaan by ‘n boer in Tierfontein naby Malmesbury.

Die groeikragtigheid van die plante is duidelik sigbaar, die plante is baie gesond en die stamme is mooi sterk tot bo. Die vrugkwaliteit is uitstekend en die boer is opgewonde oor wat hy sien. SV 7846 TH* is steeds Rennies Farms in Vioolsdrift se hoofaanplanting.

K2 Saad is besig met verdere aanplantings in verskeie streke en sal boere op hoogte hou van verwikkelinge rondom die twee kultivars.

*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.

Artikel deur Pieter Gelderblom (K2 Saad), Oppiplaas 4, Mei 2016.



Back to articles

Next article
 
sitemap
 
home about us products research packing subsidiaries contact us